Kampdatum: 22 – 24 Oktober 2021
Ons Transvaal PD Voorslagkamp is om die draai! Om hierdie kamp ‘n sukses te maak het ons offisiere se hulp nodig.
Ons benodig nog offisiere vir die Transvaal Voorslagkamp as toetsoffisiere. Kom kamp saam met ons en beleef die avontuur van ‘n PD toetskamp.
Ontvang hiermee die inligtingsbrief en inskrywingsvorm wat asseblief voor of op Donderdag 14 Oktober 2021 na die Transvaal gebiedskantoor teruggestuur moet word by [email protected]
Die koordineerder van die toetspunt sal ‘n e-pos uitstuur met meer inligting.
Kontak gerus die gebiedskantoor met enige navrae.
Groete
Anine Wheeler
AGL PD Sake