Wapadrand se gewilde GGN is o die draai.
Datum: 24-26 Augustus 2018.
Daar is nog plek by die volgende kursusse, en verdere inskrywings sonder boetes sal tot Vrydag 17 Augustus aanvaar word:
Die volgende kursusse word aangebied:
Graad R: Ontdekkingsreis vir Ontdekkers
Graad 1: Junior Kok
Graad 2: Taalpret
Graad 3: Spoorkennis
Graad 4: Groot Trek
Graad 5: Boeresport
Graad 6: Seremonies (slegs 80 inskrywings)
Gr. 7 & Verkenners: Sterrekunde
Voetslaner (slegs 20 inskrywings) (hulle gaan in die Rietvlei Natuurreservaat saam met ‘n gids tussen die diere stap!)
Nutsman (slegs 30 inskrywings, slegs Gr. 10 en 11 Verkenners)
Gr. 9/10: Portefeulje voorbereiding – Ekonomiese weerbaarheid
Let asb daarop dat die Wapadrand GGN hierdie jaar by die Altelekker Kampterrein (naby St George Hotel, Irene) plaasvind. Daar is dus slaaplokale met beddens en matrasse vir die kinders, so minder logistiek vir die offisiere om te reël!
Verdere navrae kan gerig word aan Carin Coetzer (Tel 084 833 3360 / [email protected]).
Hoop ons sien julle almal daar!
Vriendelike groete,
Wapadrand GGN Kampraad.